Begin

“Want miskien is elke reis in dieper sin ‘n soektog – na ‘n pit, ‘n essensie, ‘n hart. En al kom jy op die duur maar net by ‘n stukkie van jou eie hart uit, dan het jy – wie weet – die soort skat gevind daarvoor die man in die gelykenis sy grond gaan verkoop het.” Andre P Brink – Mediterreense herinneringe: Reisvertellings.

Hierdie wyse woorde omvou my nuwe avontuur so mooi. Welkom op my reis. Ek vertrou jy gaan dit so baie soos ek geniet.